JUNE 2009

NEWSLETTER
JUNE 2009



Please help us to update your details within the database. View and Print Form

PROGRAM

30 Mei 2009:
Studente van die Instituut vir Pre-Volwassenes wat op die Kampus-op-Wiele toer gaan, ontmoet in Port Elizabeth.

31 Mei 2009 – 8 Junie 2009:
Studente verken Transkei. Vang vis, duik kreef, swem deur Hole-in-the-Wall en gaan na ‘n eiland.

9 Junie – 13 Junie 2009:
Die studente besoek Lesotho se berge en beleef sy koue en gaan na die Katse-dam en bly daar twee nagte. Gaan via die Sanipas Lesotho van die oostekant af binne en verlaat Lesotho aan die westekant by Ficksburg.

14 – 20 Junie 2009:
Studente bly by Virginia in die Vrystaat op ‘n jagplaas. Leer skiet met ‘n jaggeweer, doen aansoek vir ‘n lisensie, skiet bokke, slag hulle af en maak biltong.

21 – 27 Junie 2009:
Studente bly op ‘n wildsplaas by Thabazimbi. Vang en verskuif buffels en woon Saterdag, 27 Junie 2009, ‘n wildsveiling by.

28 – 30 Junie 2009:
Studente bly by Marble Hall op ‘n wildsplaas en vang ook vis!

1 – 3 Julie 2009:
Studente bly by Groblersdal op ‘n nuwe wildsplaas en help bou.

4 – 12 Julie 2009:
Die unieke Limpoporivier-staptog vanaf Pontdrif tot by Weipe vir die algemene publiek saam met die studente van die Instituut vir Pre-Volwassenes. Die staptog is vir die eerste keer in Julie 1980 met 72 skoolkinders gedoen. Dis toe in 1985 deur die S.A. Weermag gestaak en nou na 24 jaar vind dit weer plaas! Die avontuur is oop vir almal wat 14 jaar en ouer is. Student van die Instituut vir Pre-Volwassenes bied die staptog aan. Loop en slaap tussen olifante, krokodille, hiënas en ander wilde diere. Waar kan jy beter kry? Hierdie staptog is net die ding vir die moderne jeug; na aan die natuur sonder ‘n TV, selfoon of rekenaar. Bespreek asseblief gou by See-en-Sand se kantoor, want net ‘n beperkte aantal stappers kan deelneem – bel Helen by (028) 314-0252.

13 – 24 Julie 2009:
Studente bly na die staptog agter in die Limpoporivier by Weipe. Werk by boere op plase en leer meer oor die natuur en ontspan net in natuur.

25 Julie 2009:
Tshipise hier kom ons - slurp die lekker luukshede op!

26 Julie 2009:
Studente mik na Pafuri om Mosambiek toe te gaan.

28 Julie – 17 September 2009:
Studente ry van Pafuri via Mapai en Maboti van wes na oos reg oor Mosambiek en slaap oor in Vilankulos. Van daar ry ons via Beira oor die Zambezirivier na Quelimane tot by Fogo-eiland. Op land moet See-en-Sand hier na ‘n stuk grond vir ontwikkeling as ‘n jeugsentrum kyk. Ons sal lank daar en op die eiland moet bly. Visvang en duik sal weer aan die orde van die dag wees. Ry via Inhambane, Xai-Xai en Maputo terug Suid Afrika toe, maar doen dit stadig en in styl en besoek baie pragtige “geheime” plekke op pad Suid Afrika toe.

18 September 2009:
Hoop alle studente kom veilig in Pretoria aan.

24 September – 4 Oktober 2009 (skoolvakansie):
Twee gebeure vind gelyktydig plaas:

1. Hermanus se Walvisfees waarvan See-en-Sand deel is (“Alles wat dryf”-vlotvaart.)

2. Die keuringskamp vir lewensredders wat die komende Desembervakansie as redders op een van See-en-Sand se strande wil gaan werk. See-en-Sand het nuwe strande bygekry en soek naarstiglik na geskikte lewensredders vir die strande. Bel die kantoor, (028) 314-0252 as jy as redder opgelei en gekeur wil word.

3 – 10 Oktober 2009:
‘n 4x4 Transkeitoer vir gesinne. Net die mooiste en lekkerste plekke in Transkei word besoek. Ons ontmoet by Port St. Johns, werk dan vir drie dae noord van Port St. Johns en ry daarna af tot by Koffiebaai waar ons kamp opslaan vir drie nagte. Besoek Hole-in-the-Wall, gaan na ‘n eiland, vang vis, duik kreef, swem, sonbaai en wat nog. Sparks is die toergids en Karen du Preez van Nelspruit reël die toer. Diegene wat wil saamgaan, bel Karen by 082 801 5229. As jy nog nooit in Transkei was nie, is hierdie toer ‘n moet!

10 – 14 November 2009 (30 jaar en ouer):

‘n Ken-die-See kursus vir seniors by Mosselbaai. Bel Helen by (028) 314-0252 vir inligting en inskrywingvorm.

17 – 21 November 2009:
‘n Ken-die-See kursus vir seniors by Hermanus. Die eerste Ken-die-See kursus vir seniors het vanaf 25–28 Maart vanjaar plaasgevind. Die geweldige sukses van dié kursus het ‘n aanvraag geskep vir nog twee senior kursusse voordat die Desember-vakansieseisoen aanbreek. Kom leer als van golwe, branders, rotse, kranse, strome, gevaarlike/veilige strande, walvisse, haaie en veel meer. Bel Helen by (028) 314-0252 as jy wil kom.

12 – 19 Desember 2009:
‘n Ken-die-See kursus vir 12 jaar en ouer begin Saterdag, 12 Desember by Kleinmond. Van daar stap ons drie dae kuslangs tot by See-en-Sand se terrein op Hermanus. Tydens die staptog word Onrus met sy strome, die nuwe hawe van Hermanus, Fick-se-Gat met sy Platbankie en “Super Tube” en die ou hawe besoek. Bly die res van die kamp in houthutte by See-en-Sand se terrein. Die kursus sluit ook seekosse in, indien die weer en die see dit toelaat. Bel (028) 314-0252 vir meer inligting en inskryfvorms.

25 Desember 2009:
‘n Geseënde Kersfees vir almal!

1 Januarie 2010:
‘n Voorspoedige Nuwejaar vir almal!

10 Januarie 2010: OUERS, HIER’S DIE KANS VAN ’N LEEFTYD VIR JUL KINDERS!
Seuns én dogters sluit aan by die Instituut vir Pre-Volwassenes, Hermanus. Ideale “gap year” vir diegene wat nog nie weet wat hulle na skool wil doen nie en bietjie rigting in die lewe nodig het. Sien volledige inligting op ons webblad. Spesiale aanbod: R1 000 af as jy voor 1 Oktober 2009 inskryf en deposito betaal.

11 Januarie – 9 April 2010:
Die Instituut vir Pre-Volwassenes se seekursus op Hermanus.

6 – 7 Februarie 2010:
Trans Walkerbaai “jet ski” en “kite surf” resies van Gansbaai tot die ou hawe, Hermanus (22 km). Die studente van die instituut reël dit – kan net groot pret wees! As jy belangstel, skakel (028) 314-0252.

9 – 13 Februarie 2010:
‘n Ken-die-See kursus vir seniors (30 jaar en ouer). Studente van die instituut tree op as lewensredders en instrukteurs. Weer eens gaan dié ‘n GROOT seekursus hier by Hermanus wees!

20 – 24 Februarie 2010:
Trans Agulhas (240 km) rubberboot safari. Hierdie safari is al twee keer vantevore gedoen en elkeen was ‘n fenominale sukses. Studente van die instituut neem die voertuie met sleepwaens na gekose plekke. Begin by Waenhuiskrans en vaar via Struisbaai, Die Dam, Uilenkraalsmond en Gansbaai oor vier dae en nagte tot in die ou hawe van Hermanus. Bring visstokke saam, daar’s baie tyd vir hengel. Vir die bootman wat sy boot, die see en die suidpunt van Afrika beter wil leer ken, is hierdie safari ‘n moet! Sparks wat die roete al vyf keer met sy kano afgelê en meer as tien keer gestap het, ken elke rif, baai en berg. Hy sal die safari lei. Moenie dié een mis nie!

6 – 7 Maart 2010:
Trans Walkerbaai (22 km), van Gansbaai tot in die ou hawe van Hermanus, ‘n rubberboot- en kanoe-resies. Hierdie sal ook die eerste van sy soort wees en die studente van die instituut sal dit reël.

20 Maart 2010:
Hans-die-Skipperfees in die ou hawe, Hermanus. Hierdie fees gaan die voorloper wees van die fees vir 2011, want dan word See-en-Sand 40 jaar oud en Sparks 70 - ‘n dubbele fees oor Paasnaweek! Alle oud-See-en-Sanders en almal wat by Sparks klas gehad het, moet dié fees in 2011 bywoon! Studente van die instituut bied die fees aan.

28 Maart – 4 April 2010:
‘n Gevorderde seekursus vir 16-jariges en ouer. Hierdie is ‘n puik seekursus vir almal wat die see beter wil leer ken. Verpligtend vir diegene wat tydens die 2010/11-vakansieseisoen ‘n lewensredder op een van See-en-Sand se strande wil word. Studente van die instituut tree as instrukteurs op - See-en-Sand se beste seekursus.

9 April 2010:
Studente van die Instituut vir Pre-Volwassenes gaan vir die eerste keer huis toe.

23 April 2010: OUERS, HIER’S DIE KANS VAN ’N LEEFTYD VIR JUL KINDERS!
Studente van val weer by See-en-Sand in vir hul Kampus-op-Wieletoer. Spesiale aanbod: R1 000 af as jy voor 1 Oktober 2009 inskryf en deposito betaal.

24 – 28 April 2010:
Trans Agulhas Jet Ski Rally. Hierdie is ook die eerste van sy soort en “jet ski” eienaars is baie opgewonde oor dié 240 km tydren oor vier dae. Cobus Stander, oud-student van die instituut reël die ren en See-en-Sand bied dit aan. Deelnemers moet Cobus by 082 304 5800 skakel. Sparks sal die gids wees. Danger Point, hier kom ons!

24 April – 13 Augustus 2010:
Studente help eers vir Cobus met die Trans Agulhas, kry dan al hul goed reg en vertrek vroeg Saterdagoggend 8 Mei Transkei toe. Daarna volg Lesotho (net om te vrek van die koue), die Vrystaat, Limpopo, Botswana en Mosambiek. As alles goed gaan, is almal weer teen Vrydag 13 Augustus in Suid Afrika terug.

Tydens dié Kampus-op-Wiele toer kry studente:

a. Die beste 4x4 kursus in die wêreld! 2ax + 3l(y) > c (y) + 2d = aandrywing. Die 4x4 boek is klaar geskryf en 2010 se studente sal die eerste wees om uit dié unieke boek te leer.

b. Vang vis en duik in die see by Transkei en in Mosambiek. Leer om hoofsaaklik uit die see uit te leef.

c. Doen ‘n skiet- en jagkursus in die Vrystaat. Skiet en slag bokke af en maak eie biltong.

d. Basiese boskunde met praktiese noodhulp in die Limpoporivier en Botswana. Konsentreer veral op spooridentifisering (“koerantlees”).

Dan help studente ook met:

1. Die Limpoporivier staptog vir 14 jaar en ouer vanaf Pontdrif tot Weipe (12 – 20 Junie 2010).

2. Bouwerk, herstelwerk, wildtellings, oes ensovoorts vir boere op plase.

3. Sport en rekreasie van kinders van plaaslike bevolkings in Botswana en Mosambiek.

4. Die stig van jeugopleidingsentrums, soortgelyk aan dié op Hermanus, in Transkei, Botswana en Mosambiek.

12 – 20 Junie 2010:
Die unieke Limpoporivier-staptog vir 14 jaar en ouer. Vir nege dae word daar tussen olifante, krokodille, hiënas en baie ander wilde diere en slange geloop en geslaap. Wat ‘n belewenis! Hierdie staptog is vir die eerste keer in 1980 met groot sukses aangebied. Nou, na 29 jaar gaan ons vir die tweede keer weer aan met die fenomenale staptog in die natuur! Studente van die instituut tree op as instrukteurs en Sparks en Henk is die gidse.

13 Augustus 2010:
Studente van die Kampus-op-Wiele toer terug in Suid Afrika vol planne en baie positiewe motivering vir die lewe.

24 September – 3 Oktober 2010:
Keuringskursus vir lewensredders wat tydens die 2010/11 seisoen lewensredders wil word (14 jaar en ouer). Hierdie kursus is verpligtend vir alle redders.

11 – 19 Desember 2010 (12 jaar en ouer):
‘n OGASA-staptog vanaf Kleinmond tot by Hermanus en leer by Kleinmond, Hawston, Kleinmond, Dreunkrans, Platbankie, Strontgaatjie, Piet-se-Klip, Onrus en Kammabaai alles van golwe, branders, strome, rotse, kranse, gevaarlike en veilige strande. Hierdie kursus is ‘n moet vir almal wat gereeld see toe gaan.

25 Desember 2010:
Geseënde Kersfees!

31 Desember 2010:
Hou lekker Oujaar!



KAMPUS-OP-WIELE

14 Augustus – 30 November 2010:
In dié tyd bied See-en-Sand nie veel aan nie. Daar is ‘n lewensreddingskursus van 24 September – 3 Oktober en dan ‘n OGASA-kursus vir 12 jaar en ouer van 12 – 19 Desember. Die res van die tyd word beskikbaar gestel vir Kampus-op-Wiele toere, OGASA-seekursusse en 4x4 kursusse. See-en-Sand sal ‘n paar Kampus-op-Wiele toere reël, maar vrouens, besighede, gesinne en skole is vry om hul eie toere te reël en dan vir See-en-Sand te vra om dit aan te bied. Sparks sal die toerleier wees. See-en-Sand se prys om ‘n toer aan te bied is die kosprys van daardie toer. Die toerbemarker kan sy/haar eie kommissie byvoeg om dit vir hom/haar die moeite werd te maak.

GROOT MERE TOERZ

9 – 24 Oktober 2010:
Hierdie toer is al jare op See-en-Sand se agenda, maar ons kon nog nie daarby uitkom nie. Nadat ons in 2005 die Bangweulumeer (A) in Zambië besoek het, word hierdie toer nou vir 2010 beplan. Slaap op spierwit strande en lewe sover moontlik uit die mere. Die skoon strande en blou water van Bangweulu was die inspirasie vir die toer.

Ontmoet: Saterdag, 9 Oktober 2010, in Francistown.
Terug in Suid Afrika: Sondag, 24 Oktober 2010

Sparks sê dat voor hy doodgaan, móét hy hierdie toer doen! Dis ‘n 16 dae toer wat beslis die moeite werd gaan wees.



Op die oomblik kan Kampus-op-Wiele skole, universiteite, kolleges, families, mans of vrouens alleen, maatskappye en sportorganisasies op ‘n 4 tot 14 dae “Self-Drive” 4x4 toer neem na:

- Weskus Botswana
- Richterveld Botswana
- Limpoporivier Zambië
- Transkei Zimbabwe
- Agulhas Mosambiek


Al die toere word deur Sparks gelei en moet nie huiwer om sy kennis tydens ‘n toer te tap nie. Wys net vir hom jy wil graag meer weet en hy sal “spark”.

As jy graag ‘n toer wil reël:

a. Besluit waarna toe jy wil gaan.

b. Besluit vir hoe lank jy wil gaan.

c. Kry ‘n span van minimum ses (6) en maksimum tien (10) 4x4’s bymekaar.

d. Dan moet jy en jou span twee moontlike datums vir jul toer kry.

e. Bel of e-pos vir Helen by See-en-Sand en stuur vir haar al die inligting en sy sal dadelik terugkom na jou.

As jy as sameroeper/organiseerder 6 en meer 4x4’s vir ‘n toer bymekaarkry (bemarker s’n uitgesluit), kom jy gratis saam! Kry hulle net bymekaar!

BACKGROUND

As far back as 1984 Sea-and-Sand realised the enormous contribution a 4x4 vehicle can make in the educational development of our country’s learners, students, companies and 4x4 owners. The 4x4 vehicle becomes a unique mobile classroom that actively takes them to the source of knowledge rather than them passively receiving the knowledge in a classroom or lecture hall. To discover the real educational potential of a 4x4 Sea-and-Sand offers “Campus-on-Wheels”.

MISSION

Campus-on-Wheels aims to encourage schools (Grade 6 – 11), universities, companies and 4x4 owners to embrace our concept and hopes as many as possible will join us on 4x4 educational tours into Southern Africa. These tours will stand on four pillars, namely:-

  • Education
  • Discover new job opportunities
  • Rendering a service
  • Added value
This unique concept of a 4x4 Campus-on-Wheels is a very valuable educational tool that actively takes people to the source of knowledge in our country and on this part of the continent. Let’s educate through four by fouring!

Enquiries:

Helen: 028 314 0250
Sparks: 083 273 8238
E-mail: sparks@hermanus.co.za
Website: www.sparkshermanus.co.za

Saamgestel deur Sparks Esterhuysen, Uitvoerende Direkteur

SEE-EN-SAND LEWENSREDDING

Hallo almal

Dit sal my tweede jaar in beheer wees van die See-en-Sand lewensredding en ek moet sê in die jaar wat al verby is, het ek meer van my redders geleer as wat ek ooit op my eie sou kon doen. Die onderwerp waaroor almal gepraat het, is dat daar geen motivering is vir seniors om weer terug te kom na See-en-Sand Lewensredding toe nie. Dus het ons hier by See-en-Sand Lewensredding ’n nuwe stelsel ontwerp om ons seniors te probeer teruglok na ons kursusse naamlik:

1. Groter lone 2. Ander uniform 3. Eerste keuse vir strande 4. Is instrukteurs by keuringskamp 5. Senioriteit


NUWE STRUKTUUR

See-en-Sand Lewensredding is vanaf 2008 weer teruggeneem deur die Nasionale See-en-Sand Instituut, onder direkte beheer van die stigter, Sparks Esterhuysen. Die afgelope ses jaar was daar nie van die beste beheer oor See-en-Sand Lewensredding nie en ons hoop om dit weer die See-en-Sand Lewensredding van ouds te maak. Dit is ook nie vir my reg dat ons elke jaar al hoe minder strande het om op diens te doen nie. Ons mikpunt is om meer en beter strande vir ons redders te kry. Die meeste strande wat ons al in een seisoen gedek het, was 41 en dit klink vir my na ’n goeie getal, maar hoe meer strande, hoe meer redders het ons natuurlik nodig. Dus sal ons dit hoog op prys stel as julle die woord verspei dat See-en-Sand Lewensredding weer op volle vaart is.

LEWENSREDDINGSTATISTIEK TOT OP DATUM

1992/1993
SEISOEN Aantal Strande Reddings Noodhulp Behandelings Gem. Reddings/Strand Gem. Noodhulp/Strand
1971/1972 1 4 27 4 27
1972/1973 9 69 123 8 14
1973/1974 3 60 182 5 14
1974/1975 12 48 172 4 14
1975/1976 20 123 297 6 15
1976/1977 24 205 836 9 35
1977/1978 26 212 1,159 8 45
1978/1979 26 293 618 11 24
1979/1980 28 287 845 10 30
1980/1981 30 583 1,298 19 43
1981/1982 35 415 602 12 17
1982/1983 36 502 3,621 14 101
1983/1984 33 343 679 10 21
1984/1985 38 394 3,374 10 89
1985/1986 37 432 706 12 19
1986/1987 34 383 688 11 20
1987/1988 36 316 985 9 27
1988/1989 36 273 396 8 11
1989/1990 38 441 2,295 12 60
1990/1991 41 490 966 12 24
1991/1992 39 558 1,745 14 45
31 654 4,585 21 148
1993/1994 32 399 1,026 12 32
1994/1995 27 304 586 11 22
1995/1996 21 441 478 21 23
1996/1997 22 516 615 23 28
1997/1998 23 333 553 14 24
1998/1999 25 497 327 20 13
1999/2000 26 654 500 25 19
2000/2001 27 337 648 12 24
2001/2002 18 223 471 12 26
2002/2003 18 208 965 12 54
2003/2004 20 220 1,185 11 59
2004/2005 20 171 383 9 19
2005/2006 21 185 932 9 44
2006/2007 15 170 180 11 12
2007/2008 18 202 405 11 20
2008/2009 18 293 103 16 6
974 12,238 35,556 460 1,267


UITNODIGING VAN DIE EEU

Volgende jaar (2010) is die groot jaar vir alle sokkerondersteuners hier in Suid Afrika, maar 2011 is die groot jaar vir alle oud-See-en-Sanders en Josephine slagoffers hier op Hermanus. See-en-Sand word dan 40 jaar oud terwyl Sparks sy 70ste verjaardag vier.

Alle oud-See-en-Sanders wat deel was van:

  • ‘n Seekursus
  • Lewensredding
  • ‘n Staptog
  • Oorlewing
  • ‘n 4x4 Toer
  • ‘n Boskursus
  • 4x4 Opleiding
  • Die Instituut vir Pre-Volwassenes

word hartlik uitgenooi na See-en-Sand se 40ste verjaarsdag.

Dan word alle oud-skoliere wie se gatte rooiwarm met Josephine geslaan is sodat hulle moet “spark”, ook uitgenooi om saam met mnr. Esterhuysen/Henk/Sparks sy 70ste verjaarsdag te vier. Hierdie Josephine veterane kom van:

  • Hoërskool Outeniqua, George (1966 – 1967)
  • Hoër Meisieskool Schoemansdal, Louis Trichardt (1968)
  • Hoër Tegniese Skool, Oudtshoorn (1969)
  • Hoërskool Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch (1970 – 1984)

Tyd en Plek:

Die twee verjaarsdae vind gelyktydig hier op Hermanus in die ou hawe plaas. Skole sluit op Vrydag 15 April 2011 en begin weer op Dinsdag 26 April 2011. Die feesvieringe sal dus strek vanaf Saterdag 16 April 2011 tot Sondag 24 April 2011. Aktiwiteite soos visvang, seekosse, rotse, strome en branders gaan ‘n groot deel van die feesvieringe uitmaak. Platbankie, Dreunkrans, Strontgaatjie en Piet-se-Klip… HIER KOM ONS!

Verblyf:

Teen R50/persoon/dag is daar op See-en-Sand se terrein verblyf in houthutte, tente en woonwaens. Bring eie tente en woonwaens. Reël net met Helen by 028 314 0252.

Program:

Die volle program vir die twee feeste wat gelyktydig plaasvind sal so teen die middel van 2010 bekend gemaak word. Die Hans-die-Skipperfees sal ook deel van die program wees. Die groot ding is om nou al van ons 2011 reünie en fees te weet sodat ons vir ander daarvan kan vertel en begin met die beplanning. Studente van See-en-Sand se Instituut vir Pre-Volwassenes sal die program saamstel en aanbied.

Onthou:

SATERDAG, 16 APRIL 2011 TOT SONDAG, 24 APRIL 2011

As jy ‘n oud-See-en-Sander of Josephine slagoffer is, sorg dat jy en jou pêlle daar is!

Saamgestel deur: See-en-Sand

Omskep kleingeld in iets groots

Kan jy die dae onthou toe ’n buffetete in ’n deftige restaurant R2 per persoon gekos het, ’n blikkie bone in tamatiesous 10c, ’n rol toiletpapier 7c, ’n pakkie Mariebiskuitjies 14c en ’n koerant 5c? Dit was die jaar 1971, die stigtingsjaar van die Nasionale See-en-Sand Instituut – só lank is ons al in die land.

In aanloop tot die herdenking van die instituut se 40ste bestaansjaar vroeg in 2011 het See-en-Sand begin vanjaar ’n fondsinsamelingsveldtog geloods om ons kampterrein hier langs die Kleinriviervlei op Hermanus piekfyn vir die geleentheid te kry.

Ons het reeds begin om die 10 houthuis akkommodasie-eenhede op die perseel op te knap met die bou van slaapbanke en die insit en verf van houtpanele en plafonne. Elektrisiteit binne-in en stoepies aan die voorkante moet nog kom.

Sedert begin vanjaar nader ons individuele borge om R20 000 elk per eenheid te skenk, en tot ons groot vreugde het die volgende instansies elk al R20 000 bygedra: Village Foods, Bishops Transport, Pennypinchers, Hermanus Rotariërklub, Pick n Pay en Liqui-Fruit. Elke borg se naambord is op die voor-en agterkant van die donasiehut aangebring.

Ons is dus nog die bedrae van vier eenhede kort.

Die opknappingswerk wat reeds gedoen is, is uitgevoer deur vier bouerbroers van Zwelihle (Hermanus township) wat andersins geen werk gehad het nie – Sidney, Johnson, Noël en Maboi Jim. Op dié manier het ons darem bygedra om ’n hele paar weke lank kos op die tafel van vier gesinne te sit.

Behalwe die houthuise wil ons ook die terrein uitbrei met die bou van ’n saal, ’n kafeteria waar studente opgelei word in die kookkuns en die bediening van gaste, die bou van nog twee huise (planne daarvoor is reeds goedgekeur), die oprig van ’n sportveld en omheining van die terrein.

Hiervoor benodig ons R3 miljoen oor ’n periode van drie jaar. Ons hoop om vier maatskappye te kry (selfoon, brandstof/bande, supermarkgroep, bank) wat R250 000 per jaar vir drie jaar sal skenk, maar enige finansiële bydrae van ‘n oud-See-en-Sander is vir ons goud werd!

Laastens het ons besluit om ’n beroep op oud-See-en-Sanders te doen om lid te word van die See-en-Sand Klub teen ’n jaarlikse fooi van R100. Só sal jy op hoogte gehou word van alles wat ons doen. Stuur jou beroep en werkplek vir ons en ons sal dié sirkuleer onder ander oud-See-en-Sanders in jou omgewing – op dié manier kan jy moontlik in hierdie swaar ekonomiese tye ’n handige werkie losslaan! Almal wat al by enige projekte van See-en-Sand betrokke was, soos Instituut vir Pre-Volwassenes, staptogte, opleidingskursusse, toere of feeste, is welkom om as lid aan te sluit. (Ansoekvorm ingesluit).

See-en-Sand is reeds kort na sy ontstaan in 1971 geregistreer as ’n maatskappy sonder winsbejag (reg.nr. 79/03925/08). Vroeër vanjaar is ons egter ook by die SA Inkomstediens geregistreer as ’n sg. Public Benefit Organisation (PBO nr. 930 029 293). Dit beteken dat skenkings aan ons vrygestel is van belasting. Eweneens is bemakings aan See-en-Sand in ’n testament kwytgeskeld van boedelbelasting.

Met dié toegewing aan skenkers hoop ons om die kleingeld van 1971 in ’n insamelingsukses te verander sodat ons gestalte kan gee aan ons droom om in ’n nuwe tydvak die jeug vir die toekoms voor te berei.

As jy enige twyfel het oor hoe dié skenkings werk, of ’n afskrif wil hê van die amptelike dokument met ons PBO-magtiging, bel gerus vir Helen, tel. (028) 314-0252.

Sea-and-Sand has embarked on a fund-raising campaign to improve our base camp in Hermanus. We need R20 000 per cabin for electricity, ceilings and verandas and R3 million over a period of three years to build a hall, cafeteria, two more cabins and to fence off our terrain. Earlier this year Sea-and-Sand was registered by the SA Revenue Services as a Public Benefit Organisation (No 930 029 293), which means that donations to the institute are exempt from income tax or estate duty. Furthermore we have established the Sea-and-Sand Club and are now inviting everybody who in the past had been involved in one of Sea-and-Sand’s activities – be it tours, training courses, hiking expeditions or festivals – to join as members for R100 a year. (Application form included.)

Saamgestel deur MC Botha, Bemarkingsdirekteur

To Become a Sea-andSand Member - View and Print Form